Monday, February 25, 2013

Miskien

Miskien 
Moet ons dit nog altyd sê
Apartheid 
Se moer

Miskien 
Moet ons dink
Hulle wat verkrag as wapen in ons passiewe harte gelos het
Se moer

Miskien
Moet ons weet
Daar is 'n toekoms
Gevul met die pyne van die verlede

Miskien
Moet ons nie vra
Wie of wat wasy sy nie?
Maar wie of wat het die diere groot gemaak wat haar kom wegneem het

Miskien
Moet ons
Seker maak
Ons kinders is veilig en toon respek vir my en jou, ons en hulle

Miskien
Is dit
Nou die tyd
Vir kwaad wees en om die waarheid van onderdrukking oop te krap

Miskien
Kan ons net
Stil sit en stil wees in die oomblik
Elke dag het 'n nuwe antwoord en elke siel het 'n rol om te speel

Miskien
Wonder ons te veel
Hoop ons vir die onverganglike
Wag ons tevergeefs vir mense om meer mens as dier te wees

Deur Simone Beatrice Naik Noemdoe, Vir Lilian, in antwoord op ons e-pos gesprek “Destyds het Adam Small aan my gesê Lilian Apartheid se moer. Ek het verstaan wat hy in daai sin as n filisoof wil sê”. 2013-02-013.

No comments:

Post a Comment