Sunday, September 30, 2012

Die Onbekende

Ek bêre my trane in afwagting
Van die doodsboodskap
In ‘n sakdoek swart

Ek sien die verlossing
Van jou siel getooi
In ’n kleedsel wit

Ek beleef die vreugde
Van jou vol lewe
In ’n reënboog vêr

Ek wonder daagliks
Oor daardie toekomstige dag
Word eers ek of jy aan die anderkant verwag?                                                                              

Deur Simone Beatrice Naik Noemdoe, 2012-09-18.

No comments:

Post a Comment