Sunday, September 30, 2012

Verlossing


Maak my los
Van bekommernis
Dit brand my hart
Soos mambagif
Gister verby
More wag skoon geverf
‘n Vol gedagtegang
Bedreig nuwe hoop 
Die ongetemperde
Kinderlewenslus
Verdwyn soos die oggend mis

Bevry my
Van besorgdheid in die ergste graad
Dit gryp my vas
Soos geroeste hakkiesdraad
Dekades afgeskud
Die toekoms toegespits
‘n Hardgebakte plan
Met sukuriteit verward
Die ongekende
Verlang
Veel meer as oombliklike bravade

Deur Simone Beatrice Naik Noemdoe, 2012-09-18.

No comments:

Post a Comment