Sunday, September 30, 2012

Dogters

Ek sien myself
In jou herskape
Bloed van my bloed
Gevul met ‘n vars lewensgloed
Swakheid en goedheid
Loop tesame

Ek sien myself
Uit hulle geskape
Bloed van hulle bloed
Gevul met ’n welbekende lewensgloed
Swakheid en goedheid
’n Natuurlike gevoel

Ek sien ons
Uniek geskape
Bloed van my bloed
Gevul met ’n welbedagte moedersgloed
Swakheid en goedheid
Rou verwagtinge met hoop ten bate

Deur Simone Beatrice Naik Noemdoe, 2012-09-18.

No comments:

Post a Comment