Sunday, September 30, 2012

Kosbaar

My hart is toegevou
In uitgewaste verwagtinge
Elke dag ‘n nuwe droom
Ouer en ouer
Alles meer vroom
Gelukkig is sy’
Wat pyn oorleef
Meer werd as skroot

My siel is toegevou
In welverdiende geskenke
Elke dag ‘n nuwe avontuur
Ouer en ouer
Alles meer beskore
Gelukkig is sy
Wat oomblikke herleef
Meer aangepas in ‘n wereld groot

My lewe is toegevou
In heilstellende liefde
Elke dag ‘n nuwe mens
Ouer en ouer
Alles meer gewens
Gelukkig is sy
Wat realiteite beleef
Meer kosbaar as ons daaglikse brood

Deur Simone Beatrice Naik, 2012-09-2012.

No comments:

Post a Comment