Saturday, February 7, 2015

Die stem van ‘n Groot Gees rus

Die stem
Van ʼn groot Gees
Verewig still
Die vader van Philida
Histories korrek
Polities
Gesê
Met respek

Die stem
Van ʼn groot Gees
Verewig vasgevang
Die skepper ʼn Droë Wit Seisoen
Voorloper van die Sestigers
Minnaar, Vader, Professor
Jou geskenke aan die wêreld
Leef in harte voort

Die stem
Van ʼn groot Gees
Leef verewig
Die gewer van Kennis van die aand
Maak sy laaste buiging
Leier, tolk, oorwinnaar
Jou plek staan voortaan leeg
Ons kan net hoop om te volg in daai noue steeg

Ter nagedagtenis aan Skrywer Prof. Andre P. Brink deur Simone Beatrice Naik Hagfeldt, 2015-02-07.


No comments:

Post a Comment